Die moord op Lee Rigby in Woolwich, Londen het die sorgvuldig saamgestelde skyn van leuens, intrige en kriminaliteit rondom Briste buitelandse beleid blootgestel.
Onmiddellik na Rigby se brutale moord, het ‘n koor van politieke en media figure aangedring daarop dat dit nie die geleentheid was om die motiewe van sy moordenaars, Michael Adebojalo en Michael Adebowale, te bevraagteken nie.
Arbeider LP David Lammy het die “voorstel dat die moord ‘n direkte gevolg was van Britse buitelandse beleid was as “oppervlakkig maar dwingend” beskryf, insluitend kritiek van my “stem ten gunste van die inval van Irak.”
Die Guardian se Jonathan Freedland het die “liberale en linkse front” figure aangeval omdat hulle ‘n verband tussen die gebeure in London en die oorloë in Afghanistan, Irak, Libië en Sirië geïdentifiseer het en “simpatie vir die saak eerder as die daad het.”
Om besprekings te voorkom wat lei tot die horribale omstandighede wat tot die verkriklike misdaad van Adebolajo en Adebowale gelei het, steek net nog groter misdade van die Britse heersende elite weg.
Binne dae was dit duidelik dat beide vermeende moordenaars bekend was aan MI5 vir jare, en vir ‘n dekade in Adebolajo se geval. Hy was lid van die verbode Islamitiese groep Al-Mahajiroun. In November 2010 was hy anagehou in Kenya terwyl hy na Somalië gereis he tom by die Islamitiese groep Al-Shabaab aan te sluit.
Op 23 Mei is Abu Nuaybah, ‘n genant van Adebolajo, gearrteseer onmiddellik na ‘n onderhoud met BBC “Newsnight” waarin hy gesê het Adebolajo is na vermoede in Kenya gemartel en deur MI5 lastig geval, wat hom daarna gevra het om informant te word.
Sedertdien het getuienis na vore gekom dat Britanje die argitek van sy arrestasie was en het hom sedertdien aktief beskerm. Volgens die Daily Mail was dit ‘n SAS eenheid wat met MI5 saamgewerk het wat Adebolajo in Kenya gevang het toe hy die grens na Somalië wou oorsteek. ‘n Bron het gesê, “die SAS het ‘n leidende rol geneem. Die rede hoekom hulle betrokke was is omdat hierdie man as belangrik beskou was.”
‘n Teen-terrorisme spesialis van Scotland Yard wat in Afrika gebasseer is was byderhand toe hy gearresteer was. Adebolajo was later teruggestuur na Britanje met ‘n “Scotland Yard speurder, wat onder ‘n dekmantel gereis het.”
Volgens Adebolajo se regsverteenwoordiger in Kenya he thy ‘n tweede poging in Februarie aangewend om na Somalië te reis met 5 andere en was deur Kenyaanse owerhede aangehou. Die VK het na vermoede aan die Kneyaanse polisie gesê hy was “skoon” en hy is na die VK teruggestuur.
Bronne in Afrika het aan die Mail gesê dat Adebolajo vir ‘n derde keer in Kenya in November gesien is, in die geselskap van die radikale kerklike Sheikh Hassan Makbul. Op beide geleenthede het hy ‘n valse paspoort gebruik.
Weereens het die veiligheidsdienste noue bande met jihadiese elemente gesmee om Britse imperialsitiese buitelandse beleid in die Midde Ooste en Afrika te bevorder.
‘n Sleutelfaktor daarin om Adebolajo vrye teuels te gee was sy rol in verband met Sirië – en die van ‘n breër laag Islamiste. ‘n Oproep na die BBC se Londonse radio stasie, 94.9, Abdullah, het gesê Adebolajo het buite ‘n gemeenskapsentrum mense probeer werf om in Sirië te gaan veg. Abdullah het verduidelik “ons mag dalk nie gaan nie, want daar is reeds soldate” en “sukses is nader as wat julle dink.”
In April het die Britste minister van Buitelandse Sake, William Hague, erken dat meer as 100 Britte deel was van die 600 Europeërs wat in Sirië saam met Al Qaeda gaan veg het. Hy het gesê sulke individue is gevaarlik “omdat hulle aanvalle teen die Weste sal loods.”
Die doel van Hague se stelling was om die Europese verbod op wapens aan Sirië te lig om die sogenaamde “onbestrede spasie” wat tans deur fundamentele gevul word met veronderstelde gematigde magte deur die Westerse magte.
Hague weet natuurlik dat wapens wat deur Britanje, die Europese Unie, die VSA en hul vennote in die Midde Ooste – soos Saudi Arabië en Qatar - gestuur word, verskaf die kruitvat vir sektariese inval wat deur Islamitiese magte gedomineer word. Hy het slegs geaggiteer vir regime verandering in Sirië, met die nasie se olie reserwes as die strategiese prys.
Op 28 Mai, ses dae ndat Rigby geslag is, is die EU se wapenverbod gelig as gevolg van die kampanje deur die VK en Frankryk. Die besluit waarborg dat die gruweldade soos by Woolich herhaal sal word in Sirië en Libanon en Irak, deur jihadiste wat as terreur-mense namens Londen, Washington, en Parys optree.
By die huis het politieke magte wie se misdade woede ontlok het wat deur Islamitiese groepe gebruik is – en wat ondergronds met hulle saamgewerk het – gebruik Woolich om te argumenteer vir steeds meer onderdrukkende magte.
Eerste Minister David Cameron het ‘n “anti-terreur taakmag” saamgestel om meer “praktiese maatreëls” voor te stel om politieke ekstrimisme te hanteer. Die taakmag sluit in die Kommisaris van Polisie, Sir Bernard Hogan-Howe, en Andrew Parker, die Direkteur-Generaal van MI5.
Die regering stel reeds voor dat wetgewing heringestel word om telefoon maatskappye te noodsaak om die tyd, duur, skepper en ontvanger van e-posse, oproepe, boodskappe op sosiale media, web-pos en Internet stem oproepe in die VK, op te neem.
Die moord op Lee Rigby is slegs een van baie, baie tragiese manifestasies van hoe dekade lange oorloë en ander kolonialistiese avonture gedien he tom die sosiale en politieke lewe in Britanje en internasionaal te vergiftig, om die belang van die finansiële oligargie te dien.
Om beheer te neem van belangrike bronne soos olie, gas en minerale is groot dele van die wêreld beroof, verarm en onderwerp aan brutale intervensie. Ondertussen betaal werkende mense in Britanje, Europa en Amerika triljoene dollars vir die oorloë deur brutale besnoeiinge wat daarop gemik is om die kriminele element wat die samelewing domineer, te verryk.
Niemand behoort geïntimideer te word of verward te wees deur die ‘patriotiese leuens” en krokodil-trane wat van die heersende klas en media kom. In ‘n mees fundamentele sin is dit hulle wat verantwoordelik was vir wat by Woolich gebeur het. En dit is hulle wat polities verantwoordelik gehou moet word deur die breër massa werkende mense.