Afrikaans

Agang bied geen alternatief vir Suid-Afrikaanse werkersklas as ANC nie

Die aankoms van die prominente sakevrou en voormalige anti-apartheids aktivis Mamphela Ramphele se nuwe politieke groep, Agang, kom op ‘n tydstip van akkute politieke krisis in Suid-Afrika.

Die African National Congress (ANC) regering lei nie net aan interne verval en aanklagte van korrupsie en wanbestuur deur die regering nie, maar het sedert die begin van sy heerskappy in 1994 toesig gehou oor ongekende eksploitasie van die werkersklas, terwyl die party se personeel hulself ryk gemaak het.

Onlangse gebeure – soos die massa moord van 34 stakende mynwerkers en die besering van 78 andere by Marikana was die enkele grootste gebruik van mag deur Suid-Afrika se veiligheidsmagte sedert 1960; gebrek aan dienslewering; en insidente van skokkende polisie brutaliteit soos die moord op die huurmotor bestuurder Mido Macia – het gevoelens van haat en minagting by meer en meer werkers ontlok en het baie oortuig dat die ANC ongeskik is om sy politieke dominasie in post-apartheid Suid-Afrika voort te sit.

Daarby het die Demokratiese Alliansie, die vernaamste opposisie party, begin begryp dat hulle nooit die steun van ‘n swart meerderheid sal lok wat nie sal wil stem vir ‘n “wit liberale” party nie.

By ‘n perskonferensie wat by Constitution Hill in Johannesburg gehou is, het Ramphele gesê die groeiende ontevredenheid met huidige politieke reëlings in die land was die vernaamste rede vir haar besluit om haar eie politieke platvorm te loods. “Ons konsultasies en gesprekke oor die lengte en breedte van die land het bevestig dat mense honger is vir ‘n nuwe begin,” het sy gesê.

Dit is tans nie duidelik wie saam met Ramphele werk op die nuwe onderneming nie, maar City Press berig dat die sakeman en politieke analis Moeletsi Mbeki die hoof dryfkrag daaragter is.

Agang, wat in Sesotho beteken “om te bou”, sal reg wees om aan die algemene verkiesing van 2014 deel te neem. Dit is gehul in demagogie en retoriek eerder as werklike beleide. In die woorde van Ramphele, sal die party werk daarna om die “land van ons drome” te bou en om “oorlog op korrupsie te verklaar.” Die hoop vir ‘n nuwe, welgestelde, inklusiewe en multi-kulturele nasie na 1994 het “vervaag vir die baie mense wat in armoede en verwaarlosing leef,” het sy gesê.

Ramphele gebruik haar persoonlike geskiedenis in ‘n poging om openbare steun te win. Tydens die apartheid regime het sy langs Steve Biko as een van die stigters van die Swart Bewustheidsbeweging gestaan en sy was ook Biko se vriendin. Sy en haar ondersteuners hoop dat haar status as anti-apartheids aktivis haar politieke aansien sal verhoog, met ‘n meerderheid wat desperaat vir die bereiking van die ideale van die Vryheids-handves en die verhewe beloftes wat deur die ANC tydens die vryheidsbeweging gemaak is.

Ramphele is egter ‘n betroubare verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse bourgeoisie, met noue bande met VSA imperialsime. Die alternatief wat sy tot die ANC bied is net vir hulle.

Sedert 1994 het sy gedien as een van vier besturende direkteure van die Wêreldbank en sy sit tans op die raad van Anglo-American Corporation, die wêreld se grootste produsent van platinum. Net voor die aankondiging van Agang se formasie, het sy bedank as voorsitter van Gold Fields, een van die wêreld se grootste goudmyn korporasies.

Agang sal ‘n homogene politieke klimaat betree en versterk. Die Demokratiese Alliansie en die ANC, al het die ANC verhewe sosialistiese retoriek, verteenwoordig identiese ideologiese posisies en klasse belange. Albei partye is toegewyd aan ‘n neo-liberale ekonomiese program, en die argument is dat ekonomiese groei die antwoord is op die land se sosio-ekonomiese probleme.

Ekonomiese beleid in Suid-Afrika het skaamteloos sedert 1994 vryemark beginsels aanvaar, en het as ‘n gevolg niks gedoen om die brutale vlakke van eksploitasie wat deur swart werkers onder apartheid ervaar is, te verander nie.

Agang sal net op meer van dieselfde aandring. In Ramphele se opmerkings by Constitution Hill, het sy bekende sosio-ekonomiese en politieke bekommernisse herhaal. Sy het kommentaar gelewer op verbeteringe wat nodig is by regering, die ontwikkeling van vaardighede, die geveg teen korrupsie, en so aan. Hierdie kwessies is oppervlakkig. Selfs die ANC se President Jacob Zuma, een van die mees korrupte politieke figure, het gemaklik baie tyd gebruik om hierdie kwessies tydens sy onlangse Stand van die Nasie toespraak te bespreek.

Wanneer Ramphele daarvan praat om korrupsie uit te skakel, is dit as een wat die heffing wat die groot korporasies aan die swart bourgeoisie rondom en in die ANC moet betaal, wil verlaag, in die naam van “Swart Ekonomiese Bemagtiging.”

Natuurlik bly sy stil oor die kwessies van grondhervorming, vergoeding vir apartheid, en, bo alles, die herverdeling van welvaart na die werkersklas. Verslae dat Ramphele, voordat sy die besluit geneem het om Agang te stig, genoem was as ‘n moontlike leier van die Demokratiese Alliansie verskaf net nog ‘n aanduiding dat sy ‘n swart gesig is wat ‘n voorstaander kan word om die land meer doeltreffend namens die kapitalistiese klas te bestuur, terwyl sy werkers aanspoor om geduldig te wag vir die “deursyfering” van welvaart na die wat in armoede leef.

Ramphele, vir al haar praatjies oor die noodsaaklikheid daarvan om armoede en ongelykheid in die land te verlig, wil nie die fundamentele voorkoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie verander nie. Haar party sal toegewyd daaraan bly om privaat eienaarskap voort te sit, asook die beheer van Suid-Afrika se natuurlike bronne en middele van produksie, en sal so die land se status as ‘n kapitalistiese, neo-koloniale ekonomie konsolideer waar die leeue aandeel van die welvaart die sakke van die nasionale kapitalistiese klas en die HUBs van multi-nasionale korporasies vul.

Die waagmoed wat Ramphele in haar jeug tydens die stryd teen apartheid getoon het, onderskei haar nie van ander politieke figure soos Zuma en sy adjudant Cyril Ramaphosa nie. Sy moet ook beoordeel word sonder ‘n sweempie sentimentaliteit volgens haar huidige aksies en die politieke belange wat sy artikuleer. Sy is ‘n bourgeois politieke opportunis wat die ontevredenheid en ontnugtering van die Suid-Afrikaanse kierserskorps wil gebruik, terwyl ‘n werklike politieke alternatief vir die ANC en sy vennote in die Congress of South African Trade Unions en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party so nodig is.

So ‘n alternatief moet ‘n party wees wat die sosialistiese program vir die skepping van ‘n werkersregering voorop stel, in opposisie teen al die politieke verteenwoordigers van groot sake-belange.

Loading