Tienduisende Suid-Afrikaanse mynwerkers is tans steeds aan die staak nadat onderhandelinge tussen vakbonde en mynbestuur misluk het.
Na afloop van die mislukte pogings by drie van Suid-Afrika se grootste goud produsente – Anglo Gold Ashanti Ltd., Gold Fields Ltd., Harmony Gold Mining – het die Kamer van Mynwese, wat namens die maatskappye onderhandel, Vrydag aangekondig dat hulle die unies Maandag weer sal ontmoet. Die maatskappye het voorheen die werkers tot die nagskof verlede Donderdag gegee om terug te keer na hul werk.
Vrydag het die Suid-Afrikaanse President en African National Congress (ANC) leier, Jacob Zuma, ook verteenwoordigers van die myne en unies ontmoet in ‘n poging om die geskil te besleg. Sedert Lonmin se platinum mynwerkers in Augustus begin staak het, het die stakings landwyd versprei en meer as 100 000 werkers in die goud, platinum en yster bedryf is tans daarby betrokke. Die kohesie van die werkers is so sterk dat die ANC se regeringskap daardeur bedreig word.
Verdere botsings tussen die polisie en die mynwerkers het oor die naweek plaasgevind. Vrydagaand het die polisie traangas en rubber-koeëls gebruik teen sowat 1 000 werkers en hul ondersteuners wat gemarsjeer het na Anglo American Platinum (Amplats) Khomani 1 mynskag naby Rustenburg. Na afloop van die aanval het die polisie ‘n aantal werkers gearresteer. Dit het gevolg op ‘n protesoptog Donderdag waar honderde werkers buite Amplats Bathopele myn in Rustenburg bymekaargekom het.
Die polisie het ook Vrydag 72 mynwerkers by Gold Fields se KDC Kloof myn in Westonaria in Gauteng gearresteer. Na ‘n opmars het werkers gepoog om by die myn ‘n sit-staking uit te voer. Polisie brigadier Neville Malila het gesê ”rubber koeëls en granate is gebruik om die situasie te ontlont.”
Saterdag het honderde mynwerkers na die hoofkwartiere van Impala Platinum in Johannesburg gemarsjeer om ‘n lys van griewe in te dien.
Mynwerkers by die Kumba Yster myn bly steeds ondergrond tydens ‘n sitstaking by die maatskappy se Sishen myn. Die maatskappy dreig nou met regstappe teen die werkers wat in beheer is van R3.3 biljoen ($380 miljoen) se toerusting, insluitend 88 vragmotors en stootskrapers.
Ondertussen het twee stakers wat terruggekeer het werk toe by Amplats se Rustenburg myn Donderdag gesterf nadat hule deur ander stakers aangeval is. ‘n Verslag in The Star het só gelui, “in reaksie het die polisie meer as 40 mense gearresteer in verband met voorvalle van openbare geweld”. Polisiewoordvoerder brigadier Thulani Ngubane het gesê, sonder om enige getuienis te toon, dat die 40 “ook klagte van moord en saakbeskadiging in die gesig staar”.
Sedert die aanvang van die golf van stakings deur die land het 51 mense gesterf, die meeste doodgemaak deur die polisie, insluitend die
34 stakende werkers wat brutaal afgemaai is by Lonmin se Marikana myn op 16 Augustus.
Die mynmaatskappye beplan om nog massa afdankings van stapel te stuur indien die werkers nie terugkeer werk toe nie, na aanleiding van Amplats en twee ander maatskappye wat onlangs meer as 15 000 werkers afgedank het. Ondanks hierdie afdankings het die mynwerkers onderneem om aan te hou met die staking. ‘n Verslag in die Financial Times Vrydag lui as volg, “Indien die werkers voortgaan om skikkingsvoorstelle van die hand te wys, sal die goudmaatskappye die opsies hê om onderhandelinge oor lone te heropen of om werkers af te dank”.
Meer as 24 000 mynwerkers staak by twee van Gold Fields se myne. Die maatskappy het Vrydag gewaarsku dat selfs indien werkers spoedig terugkeer na die werkplek, afdankings waarskynlik sal volg. ‘n Woordvoerder het gesê die stakings “maak dit waarskynlik dat ‘n grootskaalse herstrukturering van die Suid-Afrikaanse goudbedryf sal volg, insluitend by Gold Fields”.
Alhoewel dit toegegee word dat maatskappye tog sal moet toegee aan sommige van die werkers se eise omdat hulle so gedetermineerd is, het die Financial Times verslag gedoen dat “’n amptenaar van die industrie en die maatskappye het ingestem tot sekere voorstelle met dien verstande dat hul totale loonrekening nie met meer as 3 persent verhoog nie”.
Die amptenary van die unies het as hoof doelstelling om te verhoed dat die werkers se pogings in ‘n massa beweging van die werkersklas regoor die land ontaard.
Die regering, vervoerindustrie en vakbonde het hard gewerk om te verseker dat ‘n drie-weke lange staking deur vragmotorbestuurders oor die naweek tot ‘n einde geloop het. Vrydag het vier vakbonde wat die bestuurders verteenwoordig ‘n nuwe loonooreenkoms onderteken en die aard van die ooreenkoms bedreig die hele ekonomie.
Spekulasie in die media het daarop gefokus dat druk op werkgewers gesit is om die staking te beeïndig deur toe te gee aan looneise, ongeag die onmiddellike effek op die ekonomie. Amptelike unies het egter uiteindelik ingestem tot ‘n ooreenkoms wat veel laer was as die oorsponklike 12 persent verhoging waarop die bestuurders aangedring het.
Volle besonderhede van die ooreenkoms is nog nie vrygestel nie, maar dit word geïmpliseer dat daar geen verdere stakings sal volg nie. Die Nasionale Onderhandelingsraad van die Padvrag en Logistieke Industrie sê die ooreenkoms “verskaf stabiliteit aan die industrie vir ‘n lang tyd”. Vincent Masoga, ‘n woordvoerder van die hoof-unie, het gesê “ons vra om verskoning en simpatiseer met Suid-Afrikaners vir die pyn deur die staking veroorsaak. Ons keer dus terug werk toe”.
Ondanks die pogings van die unies en maatskappye om die landwye stakings te onderdruk en te beëindig, het selfs meer werkers verlede week met stakings begin. Sowat 3 800 werkers in die klere-bedryf, wat 35 maatskappye verteenwoordig, het in Newcastle gestaak om ‘n beter loon te eis. Die werkers word tans minder as die minimum loon van tussen R250 en R 400 per week ($US28-$US46) betaal.
Vrydag het sowat 3 000 munisipale werkers in die Noordwes Provinsie, waar die land se hoof platinum myne is, gestaak om protes aan te teken teen die buitensporige korrupsie in die land.
‘n Verdere aksie wat plaaslike regering ernstig aan bande kan lê en waarby 190 000 werkers wat deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie verteenwoordig word, betrokke kan wees, is moontlik. Die werkers gaan werkgewers Donderdag ontmoet.
Die werkers is so onthuts oor die algemene toestande waaronder hul moet werk dat selfs ad hoc komitees wat in opposisie teen bestaande unies gestig is, sukkel om die werkers in toom te hou. Evans Ramokga is ‘n vooraanstaande komitee-lid by Amplats in Rustenburg. Hy het reeds ‘n beroep gedoen vir die stigting van ‘n unie onafhanklik van die NUM en voeg by dat die werkers “nie gehoor gee aan beroepe om te kalmeer nie”. Hy voeg by, “hulle is uiters onsteld en die situasie is buite beheer.
Die NUM and COSATU bestaan uit ‘n dun laag welgestelde en korrupte swart amptenare en hulle het dus net so min legitimiteit as die wit minderheidsregering wat deur die ANC 18 jaar gelede vervang is.
‘n Resultaat van die die NUM se naakte samewerking met die groot korporasies, insluitend winsbejag as gevolg van goeie verhoudinge met die myn konglomerate, is dat werkers die NUM verlaat en baie weier om by enige van die ander amptelike unies aan te sluit. Selfs voor die massa-stakings begin het, het baie werkers die NUM verlaat. Verlede week in Rustenburg het honderde werkers openlik gepoog om hul lidmaatskapskaarte in te handig en ander het T-hemde van die unies verbrand.
Sedert die begin van die stakings is ‘n hele aantal NUM amptenare doodgemaak. Vrydag is twee mynwerkers gearresteer en sal in verband met die moord van die NUM se tak-sekretaris, Daluvuyo Bongo in die hof verskyn. Op 11 September is nog ‘n NUM amptenaar doodgemaak.
Verlede week het COSATU se provinsiale sekretaris, Solly Phetoe, van die stakings gesê, “dit is duidelik nie meer oor lone nie, maar ‘n aanval op die NUM, COSATU en ons lede”. Sy aanname dat werkers gedwing word om die unies te verlaat is van alle waarheid ontbloot. Hy het gesê, “werkers word gedwing om by stakings waar daar geen beskerming is nie aan te sluit en ook ander unies te oorweeg sonder dat hulle self só kies.”
In reaksie op die aanvalle op NUM lede en amptenare het Malesela Maleka, ‘n woordvoerder van die Stalinistiese Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), die ou vennoot van die ANC en COSATU in die sogenaamde “tripartite alliance”, gesê “om geweld te gebruik om werkers weg van hul organisasies te mobiliseer moet ten sterkste veroordeel word”.
Hy het gesê dit kan nie toegelaat word dat die stryd van die werkersklas buite bestaande unies plaasvind nie en het bygevoeg, “die SAKP het oor ‘n tydperk reeds gewaarsku teen hierdie tendens, insluitend hierdie sinnelose moorde, om mag oor te neem ten alle koste”.
Die Mail & Guardian het berig dat die SAKP in reaksie op die aanval op die NUM amptenare “’n beroep op die staat gedoen het om vinnig op te tree”. Sedert die begin van die staking het die SAKP die onderdrukking van werkers gesteun en het die NUM en die ANC se steun van die polisie se slagting van werkers by Marikana uitdruklik gesteun.
Die SAKP en die NUM staan geensins alleen in hul aanname dat die stakings buite beheer van die unie se burokrasie raak nie.
Die arbeidsontleder Gavin Brown het verlede week gesê, “ons land se kollektiewe onderhandelingsisteem is reeds baie gesofistikeerd gegewe die samestelling van die arbeidsmag. Die sisteem kan alle sake rakende die huidige stakings aanspreek, maar was nooit ontwerp vir gewapende aanvalle en kriminele geweld soos onlangs gesien nie”.