Die African National Congress (ANC) regering het weereens bevestig dat hulle regse ekonomiese en sosiale hervorminge gaan nastreef. Dit volg nadat die onlangse stakings in die mynbedryf ‘n negatiewe invloed op die ekonomie gehad het.
In ‘n toespraak voor die Congress of South African Trade Unions (COSATU) verlede week het President Jacob Zuma gesê die stakings kan tot ‘n resessie lei.
“Ons kan nie bekostig om weer in ‘n resessie soos in 2008 en 2009 in te gaan nie, want ons het toe een miljoen werksgeleenthede verloor en ons sukkel steeds om daarvan te herstel,” het hy gesê.
Verlede week het werkers by Lonmin se platinum myn by Marikana naby Johannesburg ‘n 22 persent salarisverhoging aanvaar. Dit het gevolg na ‘n bittere staking van ses weke waartydens 34 werkers op 16 Augustus doodgeskiet is.
Die massa slagting is deur die ANC en die National Union of Mineworkers (NUM) goedgekeur en het tot verdere sogenaamde wildcat stakings in die goud, yster en chroom sektore gelei. Die Lonmin loonooreenkoms word nou gesien as ‘n algemene maatstaf.
Zuma se opmerkings was daarop gemik om ander stakers te laat afsien van sulke planne om te staak asook om die versekering aan internasionale beleggers te gee dat hulle belange in die land beskerm sal word.
Die mynstakings het tot gevolg gehad dat die rand met 3 persent in waarde teenoor die dollar gedaal het en daar was hernude waarskuwings dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid verminder sou word nadat die regering se skuld gestyg het.
Suid-Afrika se kredietwaardering staan tans op BBB+, die derde laagste wat dit kan wees en sedert Maart word verwag dat dit selfs laer sou daal. Toe het Standard & Poor’s reeds opgemerk dat Suid-Afrika swaar staatmaak op skuldmarkte: “Fundamentele, sosiale en ekonomiese probleme gaan voort in die land, soos hoë werkloosheid en strukturele lopende rekening tekorte wat die ekonomie laat staatmaak op eksterne finansiering.”
Tydens die mees onlangse begroting in Februarie wou die ANC die begrotingstekort van 5 persent na 3 persent in 2015 gesny kry, maar in Julie het dit reeds so hoog as 6.4 persent gestyg. Om die 3 persent teiken te haal gaan reeds ‘n jaar langer neem.
Die regering het streng beheermaatreëls vir befondsing vir plaaslike regerings ingestel. Verlede Vrydag het die Department van Opvoeding in die Oos Kaap gesê hulle beplan om meer as 11 000 onderwysers af te dank in 2013 omdat hulle begroting met R3-biljoen tekort skiet.
Sedert die einde van apartheid 18 jaar gelede was daar geen beduidende verbetering in die lewens van werkers in die land nie en die huidge ekonomiese toestand kan slegs lei tot verdure sosiale onrus. Sosiale ongelykheid het dus toegeneem onder die ANC regering en die beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging het net ‘n klein aantal mense ryk gemaak ten koste van die werkersklas.
Hierdie situasie word net vererger deur die stand van die globale krisis van kapitalisme. Sowat 25 persent van al Suid-Afrika se uitvoere is na Europa, maar dit het verminder as gevolg van die skuldkrisis op die vasteland. Stadige groei in China en ander ontluikende markte het ‘n einde gemaak daaraan om op hierdie mark vir groei staat te maak.
‘n Onlangse verslag van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het vrae laat ontstaan oor die invloed van ekonomiese stagnasie op sosiale en politieke stabiliteit. Die IMF waarsku dat “die hoë werkloosheidssyfer kan polities en sosiaal onvolhoubaar word indien dit nie aangespreek word nie.”
Onder die heersersklas is daar toenemend ‘n bewustheid van die gevaar van die probleme wat deur die werkersklas ervaar word en hoe dit regeringshervorminge aan bande kan lê. Michael Hough van die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Strategiese Studies het aan Times Live gesê “algemene stakings kan revolusionêre idees en die finale stadiums van revolusies tot gevolg hê. Dit kan ook die ekonomie ernstig benadeel en as daar politieke magte bygevoeg word, soos reeds aan die gebeur is, kan dit tot ‘n volskaalse revolusie lei.”
Die IMF het die vooruitgeskatte groeikoers in Suid-Afrika se ekonomie na 2.6 persent vanjaar en 3.4 persent in 2013 gesny en dit is soortgelyk aan die regering se vooruitskattings. In ‘n sogenaamde ontwikkelende ekonomie sal enige groeikoers onder 6 persent tot ‘n toename in werkloosheid lei. Suid-Afrika het reeds ‘n werkloosheidsyfer van 25 persent.
Sowat 15 miljoen Suid-Afrikaners maak staat op welsynstoelae om te oorleef. Die regering se pogings om die begrotingstekort te sny sal beteken dat hierdie getal in die komende jare na 16.5 miljoen sal styg. Zuma het aan die einde van verlede jaar gesê mense moet nie dink dit kan ‘n permanente ding word dat hulle op welsynstoelae kan staatmaak nie.”
Die IMF se verslag het ‘n beroep gedoen vir hervorminge in die arbeidsmark en minder salarisse in die openbare sektor. Suid-Afrika is as gevolg hiervan minder kompeterend, want die koste van arbeid is te hoog. As gevolg van die hoë lone in die openbare sektor kan die regering sukkel om die begrotingstekort aan te spreek.
Meer en meer mense in die sakebedryf steun hierdie idee dat salarisse gesny moet word. Reuters het onlangs verslag gedoen dat volgens Suid-Afrika se unie-vriendelike arbiedswetgewing die minimum lone in die land $230-$240 is, wat baie hoer as die $55 en $70 van Zimbabwe en Mosambiek is.
Die ANC het dit reeds duidelik gemaak deur die brutale optrede teen die werkers by Lonmin, asook ander onderdukkende maatreëls teen ander stakers, dat opstande deur werkers tot geweldadige reaksie van die staat kan lei. Zuma het immers die weermag gebruik om te reageer op die stakings en dit wys dat die heersende klas reg is vir sulke konflik.
Hierdie strategie word gesteun deur die ANC se hoof vennote, COSATU en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Die unies het die repressie van werkers gesteun en die betaling van ‘n hoer loon as sleg afgemaak, en die unies sê dit kan verder lei tot groot werksverliese in die mynsektor.
Lonmin het byvoorbeeld verlede week reeds gesê hulle gaan die aktiwiteite by een mynskag staak en hulle gaan ook ‘n kontrak met ‘n arbeidsagentskap wat 1 200 werkers verskaf, staak.